HET ONS Ñ GEBED? | thebereancall.org

McMahon, T.A.

T.A. McMahon – (Vertaal uit Engels)

Het ons ñ gebed? Daar is verskeie maniere om daardie vraag te oorweeg. Byvoorbeeld, ons het seker al almal die uitdrukking gehoor, “Jy het nie eers hoop op­ gebed nie”, wanneer iets waarop gehoop word buite bereik lyk. Daar is noodversoeke, soos wanneer ñ soldaat vanuit die loopgrawe roep dat die vyand hom nie vind nie. Of ons is bereid om ooreenkomste aan te gaan, al is dit met die duiwel.
Sommige gebede neem die vorm van towerwoorde of formules waardeur die kragte van die heelal skynbaar gemanipuleer kan word.
Midde Christenskap word gebede soms ñ poging tot manipulering van God. Of positiewe belydenisse as ñ manier van gebed waardeur probeer word om God te dwing tot aksie blyk aan die toeneem.

Deur die jare het skrywes deur TBC die misbruik van gebed aangespreek. In hierdie artikel wil ons egter fokus op Bybelse gebed - wat sê die Bybel daaroor en hou ons as Christene by hierdie leringe?
Van die begin af was gebed vir ons by The Berean Call nie iets wat met teorie of akademie benader is nie. Inderwaarheid, ons begin nie ñ werksdag sonder dat ons nie as personeel saambid nie. Ons Donderdagoggend byeenkomste word toegewy aan intreding vir andere wat gebedsversoeke inbel of vir ons skryf of epos. Ons stel dit juis voorop in hierdie artikel, want terwyl ons kyk na wat die Skrif sê aangaande gebed, wil ons terugverwys na ons eie gebedstyd as ? getuienis tot die waarheid van God se Woord.
“Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.” (Fil 4:6)

In die eerste plek is gebed ñ Gelowige se persoonlike kommunikasie met God. In byna elke godsdiens of geloofsisteem vind ons dat gebede gememoriseerd of ritualisties is, sonder enige persoonlike interaksie. Bybelse Christenskap is anders aangesien ñ ware Gelowige, wedergebore deur die Gees van God, sy of haar lewe in Christus op ñ persoonlike manier begin: ñ persoonlike, intieme verhouding met Jesus.
Leë herhalings of meganiese, ritualistiese gebede verander iets wat persoonlik moet wees in iets wat baie onpersoonlik is. Tog, een van die tendense in Christenskap wat aanvoer dat dit bevorderlik is tot die persoonlike ondervinding in gebedsoordenking, is die lering aangaande herhalende gebedsvoering (Lectio Divina), waarvolgens ñ woord of frase oor en oor herhaal word, selfs honderde kere. Diesulke gebede is nie net onpersoonlik van aard nie, maar eintlik onsinnige kommunikasie. Dít ten spyt, voer ñ prominente leier in die sogenaamde Opkomende Kerk (Emerging Church Movement) aan dat hy elke oggend tot Jesus bid deur Sy naam honderde keer oor te herhaal. Wat meer is, is dat so ñ beoefening onbybels is: "En as julle bid, gebruik nie ’n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.” (Matt:6:7-8)

Leringe in die Skrif aangaande gebed wys juis op die persoonlike aspek daarvan. Terwyl die populêre vraag, "wat sou Jesus doen?" (What would Jesus do?) deesdae meer lyk na ñ oefening in bemarkingstrategie (soos die WWJD-embleem wat op pette en armbande pryk), kan dit ons aanmoedig om uit te vind wat Jesus wel gedoen het. Gebed is iets wat Hy gedoen het, en dikwels. Die Seun was voortdurend in kommunikasie met die Vader. Al was Hy daagliks deur skares mense besoek, het Hy steeds tyd gemaak om weg te kom vir gebed: "En nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy op die berg om in die eensaamheid te bid. En toe dit aand geword het, was Hy daar alleen.” (Matt:14:23)  As dit belangrik was vir die perfekte, sondelose God/Mens, behoort dit boekdele te spreek van ons eie minder-as-perfekte harte wat kwesbaar is vir die effek van sonde, en behoeftig is daarby. Ons moet dit beslis doen.

Verder sê die Skrif Hy het, "die nag in die gebed tot God deurgebring" (Luk 6:12) en dat Hy verwys het na die Tempel "ñ huis van gebed” (Luk 19:46). Ons Here het vir Petrus gebid dat hy teen satan beskerm sal wees: "Ek het vir jou gebid dat jou geloof nie ophou nie" (Luk 22:31-32). Aan Sy dissipels het Hy gesê, "Waak en bid dat julle nie in versoeking kom nie" (Mat:27:41), om hul vyande lief te hê en om vir dié te bid wat "julle beledig" (Luk 6:27-28). Jesus het aan Sy dissipels ñ raamwerk vir gebed gegee in Luk 11:1-4, en oor Gelowiges het Hy gesê, “Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo." (Joh 17:20).

Soms vergeet ons, indien ons dit geweet het, dat Jesus ons nie net aansê om te bid nie, maar dat Hy self ook vir ons gebid het, en steeds doen. Hy bid vir ons beskerming en standvastigheid in die wêreld: “Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.” (Joh 17:15)
“Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.” (Heb:7:25) “Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.” (Rom:8:34)

Om Jesus te hê wat vir ons by die Vader intree is die toppunt van intersessie. Ek weet beslis nie hoe dit werk nie, maar ek weet wel dat dit van soveel belang is dat die Heilige Gees ons daaroor inlig deur die Woord van God.
Meer nog, deur die inwerking van die Heilige Gees word ons ingelig aangaande hoe ons te werk gaan in gebed. Skrif maak dit duidelik dat gebed nie ñ saak van terloopsheid is vir die gelowige nie. Gebed word meestal gepaard gegaan met die woorde, "sonder ophou" of soortgelyke beskrywing. Die Apostel Paulus, wie meer as enige ander Nuwe Testamentiese skrywer daardie uitdrukking gebruik, het sy eie lewe voorgehou as patroon en voorbeeld waarvolgens Gelowiges hul lewens in Christus moet rig. (Fil 3:17, 1 Tess 2:10), en sy klem op gebed het als wat hy gedoen het onderstreep. Aan die Efesiërs skryf hy, “hou ek ook nie op om vir julle te dank as ek aan julle in my gebede dink nie” (1:16). Aan die Kolossense skryf hy, "Ons dank die God en Vader van onse Here Jesus Christus altyd as ons vir julle bid” (1:3), en ook: "Daarom hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig” (v9). En aan die Tessaloniërs sê hy, “terwyl ons nag en dag baie ernstig bid om julle aangesig te sien en te voltooi wat aan julle geloof ontbreek?” (1 Tess 3:10) Paulus sê, "En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit...” (Fil 4:9)

Hy was so ñ uitsonderlike gelowige dat ons uit die oog kan verloor dat hy nie anders was as ons wat ook gelowig is nie. Hy was, soos alle gelowiges, ñ sondaar gered deur genade. Sy lewe is geleef deur dieselfde genade wat tot elkeen se beskikking is. So, wat was sy "geheim" tot geestelike sukses? Dis eintlik geen geheim nie: gebed! Nie net het hy voortdurend vir andere gebid nie, maar ook gevra dat daar vir hom gebid word. “Maar ek vermaan julle, broeders, by onse Here Jesus Christus en by die liefde van die Gees, om saam met my in die gebede te stry vir my by God, dat ek verlos mag word van die ongehoorsame mense in Judéa en dat my diensbetoning aan Jerusalem aanneemlik mag wees vir die heiliges." (Rom:15:30-31); “terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges en vir my, sodat ’n woord my gegee mag word as ek my mond oopmaak om met vrymoedigheid die verborgenheid van die evangelie bekend te maak, waarvoor ek ’n gesant is in kettings, sodat ek daarin vrymoediglik mag spreek soos ek moet spreek." (Efes 6:18-20)
“Volhard in die gebed en waak daarin met danksegging; en bid tegelykertyd ook vir ons, dat God vir ons die deur van die woord mag open om te spreek van die verborgenheid van Christus, waarvoor ek ook in boeie is.” (Kol 4:2-3)

Paulus het nie gehuiwer om andere te vra om vir hom te bid nie, maar ons is soms sku daarvoor. Ons verskoning is gewoonlik dat ons nie andere wil laat bekommer nie, veral aangaande familiesake. Terwyl daar die uitsondering is, is so ñ rede meestal net ñ swak verskoning. Ons ontneem andere die geleentheid om by die Here petisie te maak vir sy genade en goedheid namens ons, juis weens hierdie selfbewustheid. Verder ontneem ons andere die geleentheid om God se ingryping te sien, en daarmee saam die bemoediging wat so ñ lofprysing tot Hom kan bring, indien die wete weerhou word aangaande iemand wat gebed benodig.
Daar is meer redes waarom ons nie vra vir gebed nie, maar dit het byna altyd te make met ñ vorm van trots of ydelheid - ñ besinning oor wat andere mag dink van ons. Of ons dink, "dit is te veel van ñ nietigheid om tot God te bring of om ander mense te betrek", wat eintlik maar net beteken ons dink ons kan dinge self hanteer. Regtig? Sodra "self" in die prentjie kom is daar nie veel goed wat kan volg nie.
Diegene wat hul skaar tot die "God help dié wat hulself help"-groepe (denke soos per Benjamin Franklin se "Poor Richard's Almanac", of per die mantra van die Positiewe Belyers se belydenisse - "Positive Confession"), stel voor dat om onsself tot God se wil te wend ñ vorm van swakheid is wat ons eie "geloof" ondermyn.

Benewens die feit dat ons moet wegdoen met geloof in ons eie self, kan ons vra watter Bybelse gelowige sal werklik dink dat God se wil - wat Hy vir ons in pag het - nie die heel beste is wat ons in ontvangs kan neem nie? Jesus het juis dit beklemtoon deur Sy stelling: “Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom ’n klip sal gee; en as hy ’n vis vra, aan hom ’n slang sal gee? As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!” (Matt:7:9-11) Het Jesus nie juis, midde Sy waarskynlik moeilikste tyd, tot God die Vader gebid en gesê, “Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied!” (Luk 22:42)  Was dit in "swakheid"?
Gebed is ? soort geheimenis in die sin dat God weet wat ons nodig het nog voor ons vra, en Hy het geweet wat ons sou vra. Sommiges mag dalk wil weet, waarom nog bid tot God as Hy reeds alles weet? Wel, Hy weet; ons nie. Hoe sou ons weet of God inderdaad inwerk in ons lewens as ons nie in gebed kommunikeer tot Hom nie? Indien ons nie versoeke het nie is daar ook geen vertroue daarin dat God wel vir ons dinge doen nie.

Nog ñ oorweging aangaande bid is dat ons gebede dalk nie die Troon van God bereik nie. Hebreërs 4:16 moedig ons aan: “Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.”
So, wat blokkeer ons gebede? “Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring.”, en “Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is — sodat julle gebede nie verhinder mag word nie." (Jak 4:3, 1 Pet:3:7)

Ongehoorsaamheid ten opsigte van die instruksies in God se Woord stop gebed in sy spore. “Want die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed, maar die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners.” (I Pet 3:12)
Dave Hunt, my beste vriend in die Here, en wie nou by Hom is, had ñ wonderlike sin vir humor, selfs op ? self-kritiserende manier. Hy sou tong-in-kies sê, "Mense vermy my spreekbeurte by die duisende". En dan sou gemeentes lag, want hul weet dat dit beswaarlik die geval was vir hierdie begaafde spreker. Tog, iets wat nie lagwekkend is nie, is dat Christene gebedsbyeenkomste by die duisende vermy - en meer. Nie oortuig daarvan nie? Reël ñ weeklikse gebedsbyeenkoms by die kerk en tel hoeveel daag op teen die tweede of derde week. Ons dank die Here vir die uitsonderings, maar die aanvanklike entoesiasme (as dit insigself nie ? oordrewe stelling is nie) verdwyn binne ? kort tyd.
Die jammerlike deel is wat mense mis wanneer hul die gebedstye vermy of later padgee.
As ñ voorbeeld verwys ons terug na die TBC se daaglikse personeel gebedstye. Ons ken almal mekaar, het ñ liefde vir mekaar en gee om oor wat in mekaar se lewens aangaan. Sodoende bid ons vyf dae per week, of meer, vir mekaar se behoeftes en versoeke. Daardeur is ons bewus van hoe God gebede verhoor, wat geweldig bemoedigend is en vertroue vestig in ons Here en oor hoe Hy die leringe van Sy Woord bevestig.
Dit is ñ gros gebedsversoeke sowel as lofprysinge tot Hom. Dit versterk ook die samehorigheid wat ons as broers en susters in Christus moet hê.

Vir Bybelse gelowiges is gebed nie die maak van voorstelle, of iets om te doen wanneer ons daarna voel nie. In sy eerste brief aan Timoteus sê Paulus hy moet die gelowiges in Efese tot gebed vir andere aanmoedig: “In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense.” (1 Tim:2:1)

Alles wat ? gelowige doen, met verstande “doen alles tot verheerliking van God”; “En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus”; “En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie” (1 Kor 10:31; Kol 3:17, 23), moet noodwendig begin met gebed en met gebed gesteun word.
Weereens, ons gebede moet ñ deurlopende, persoonlike kommunikasie met God wees, soekend na Sy leiding in alles wat ons doen.
Het ons ñ gebed? Absoluut. En dit is ons bede dat gebed ons primêre modus operandi – ons patroon van dinge doen – sal wees vir die jaar vorentoe, alles tot die eer en verheerliking van God en dat Sy genade en barmhartigheid oorvloedig in ons lewens sal wees.

TBC

AttachmentSize
PDF icon TBC_Do we have a Prayer Afikaans.pdf100.46 KB